Mitt Romney Style (Gangnam Style Parody) - College Humor
Gangnam Style - Psy
Verassing…
Toe ek Vrydagoggend by die werk kom, en my “inboks” oopmaak, toe wag daar ‘n klein verassinkie op my. Lientjie het in die vroeë oggendure, toe sy nie kon slaap nie, ‘n gediggie vir my geskryf en dit toe eerder na my werksepos gestuur in plaas van na my foon toe. Dit het natuurlik my dag gemaak!
Sien, dis hoe ‘n normale werksdag normaalweg begin - gaap sodra ek 1 First Place binnestap, groet die wagte, neem die huisbak op tot die 4de vloer, gaap weer, groet my kollegas, praat myself moed in, wurg die laaste afsaksels van my bitter koffie in my keelgat af, maak my eposse oop, en laat die humeure fleur - op jou merke, gereed, gaan!
Ek was reg gewees vir baklei. My psych mix” oppad werk toe het wondere gedoen vir veggees en sielkundige voorbereiding, maar toe gebeur die ondenkbare…’n epos van Lientjie af, by die werk, eienaardig. Ek het sommer heel eerste daarop gekliek. En toe verander my prominente, Mentz-frons in ‘n moewiese glimlag. Dit was net tande waar jy gekyk het - Colgate-advertensie se moses. Aggressie, ontlont. Deksels!
Na ure se worsteling, bepeinsing en weke se navorsing het ek tot dié gevolgtrekking gekom - my meisie is ‘n “alien”. Hoe anders verklaar Mentz haar asemrowende skoonheid, eindelose kreatiwiteit, ongekende omgee vir mense, besonderse liefde vir haar vriendinne en haar bo-menslike vermoë om hierdie man se hart so te kan laat bollemakiesie slaan.
Ek is mal oor Joelene Louise Greeff! My asem raak met rukke weg as ek aan haar dink. Dalk moet ek ‘n suurstoftenk langs my bed hou net vir ingeval.
Nie net het ek die mooiste, kreatiefste, stylvolste, wildtuinste, kaalvoetste, nederigste, sjarmanste meisie nie! Asof dit nie genoeg is nie, het sy ‘n sin vir humor, lag sy vir my simpel grappe, vat sy my vas, en dan is sy nou nog oulik ook! Kan jy nou meer?!
Dankie Koning Jesus dat U hierdie moeilike en soms onverdiende man so geseën het met hierdie ongelooflike mooi-meisie-nooi - die toonbeeld van vroulikheid.
Goeie vrek ek is lief vir hierdie meisie! Lientjie is die enigste persoon wat ‘n glimlag op my gesig kan sit, enige tyd van die dag of nag, ongeag die omstandighede of my gemoedstoestand. “Varkie!” Skaterlag.
Hier is twee van die verse wat Lientjie-lief vir my gestuur het:
“Liewe Jesus gee hom asseblief terug, dan sal ek nooit weer kla nie”
Nou wil ek vir ‘n sekonde weer nie sonder hom gaan nie
As ek na hom kyk kry ek skoenlappers en my hart begin oorborrel
Ek bly aan hom dink, my gedagtes wil net trou se kant toe korrel
Ek het dan tog so baie lank vir jou gewens
Die twee weke moet nou net vlieg
Ek skryf al sonette, vlou, ek sal nie lieg
Adam - Kasteel
Wenner-treffer! As jy mooi kyk sal jy sien hierdie video is geskiet by Melrose Arch. Afrikaans kook!
Wegbreek in die stad van die stad af
Vrydagaand in Johannesburg! Salig! Uiteindelik!
Eens op ‘n tyd het ek geglo ‘n mens leef nie net vir jou naweke nie, maar dit het sommer gou-gou verander vandat ek die groot skuif na Johannesburg gemaak het. Ek lees dit hardop - ek klink soos ‘n ou man met jare se eerstehandse ondervinding en duur leweslesse agter die rug - daai wat net saam met die grysheid en heelwat kopstamp en huil kom. Die teendeel is egter waar.
Dit voel soos gister wat ek met al my besittings uit Humansdorp getrek het - my VW Polo se gatkant gesink in die teer. Ek dink terug aan hoe ek by ‘n BP-vulstasie in Cradock gestop het, ietwat roekeloos en taamlik vinnig oor die agterpaaie duskant Steynsburg geskiet het, hoe die musiek en RSG se konsertinaklub my geselskap gehou het en hoe die opwinding van ‘n nuwe avontuur en uitdagings deur my are gepomp het!
Johannesburg is ‘n ongelooflike stad! Die energie, mense, wintersonskyn, somerdonderbuie en die pas is verslawend. Die geld, status, mag en roem ook, maar ek dank die Here dat Hy my vroegtydig uit daai gat uit getrek het. Dit bly maar altyd ‘n stryd, maar soos hul sê, jy buig mos ‘n boom in sy eerste 3 jaar.
Ek sal altyd dankbaar wees vir hoe my ouers my groot gemaak het - dankie Pa, dankie Ma. Ek verlang huis toe. Nog meer Stellenbosch toe… Terug na wat ek wou sê. Wat wou ek nou weer sê? Dis nou wat die stad aan jou doen - jy mag niks mis nie - nie ‘n groen verkeerslig nie, nie ‘n vergadering nie, nie een van Wackhead se grappe nie, selfs nie ‘n gedagte nie.
Dit kos mooi dink - my brein is gaar van vrae beantwoord, programmeer en vergadeings bywoon. O ja, nou onthou ek, ek het my 5 jaar van koerante aflewer te danke vir my waardering, bestuur en bestending van daai groen goed wat my ma altyd gesê het groei op haar rug - 32c vir Die Burger, R1.50 vir ‘n Rapport. Elke oggend voor skool of kerk - son, reën, hael. Die geld moes ek en my boeties invorder in sulke bruin koevertjies. Teveel keer moes ek luister na oumensstories of op ou stof banke gaan sit as ek ingenooi was, en teveel keer is ek ingedoen deur mense wat graag in die voorste banke in die kerk gesit het en probeer mooi lyk het. As jy my vra, is om koerantafleweraar te wees die beste voorbereiding vir korporatiewe Johannesburg. Maar niemand vra my nie, so ek sal niks sê nie.
Dit was ‘n chaotiese deurmekaar week en vanaand wil ek nie alleen wees nie, maar tog ook - moeilike Izak, soos klokslag en altyd net betyds maak hy sy verskyning! My pelle kyk êrens krieket, Lientjie sit in Stellenbosch en ek sit in Doppio, Rosebank - buite, onder die sterre en die liggies - mal romanties! Lientjie…ek mis haar verskriklik - die ergste, slegste tipe mis! Die mis wat jou dryf tot selfbejammering. Stop dit! Ek hoor my boetie sê - “Moffie!”. Ek lag as ek aan Ollie dink.
Doppio is ‘n mooi ou plekkie, besig ook en die atmosfeer laat my skryf. Dis loshande een van my gunstelingplekke - sommer net om te kom rugby kyk, of koffie drink tydens studiebreuke of as ek net wil wees. Dis natuurlik hoog Brits ook, en hier en daar hoor jy iets vreemds soos Italiaans of so iets. Afrikaans is ook skaars. Dankie tog vir daai nuwe Kurt Darren CD in my kar. Hou op lag vir my! Ek mis Afrikaans okei. Los my uit.
Hier kan ek ontspan en bietjie rustig word - wegbreek van die gejaag en stadsgedruis - niemand hier ken my nie, niemand wat my kom pla nie - geen hoekoms of waaroms of gaan doen ‘n voorlegging aan die krediethoofde nie!
Ek het baie gegroei en geleer vandat ek Johannesburg my huis gemaak het. Dis ‘n stad van kontraste - arm en ryk, Sandton en Alexandrië, sonskyn en reën, kwaliteit tyd of ‘n gejaag, geld of geluk, 5 minute langer slaap of 30 minute langer werk toe ry!
Ek staar na die spyskaart en hy staar terug. Van dié goed het ek in my lewe nog nooit gesien of van gehoor nie. ‘n Copacabana? ‘n Don Vito? Bruschetta? Goeie genade! En dis maar een van die redes waarom ek dol is oor Johannesburg? Ek leer elke dag iets nuuts.
Die kelnerin kom vra vir die tweede keer wat ek wil bestel. Druk! Instink! My tweedenatuur en blitsbesluitneming, met die komplimente van korporatief natuurlik, skop in. Ek kyk-staar weer na die spyskaart… Hoe spreek ek hierdie goed uit? Polo? Dit lyk bekend - my kar, my hemde. Goed dan, die Polo pizza asseblief! Slaan die spyskaart toe, skryf!
Ek gaan Lientjie ook nog hierheen bring. Sy sal mal wees hieroor! Nes ek, is sy verslaaf aan energie en opwinding, impulsief- en spontaanwees.
Oor presies twee weke is ek weer in Stellenbosch, weer by Lientjie. Dit het baie armdraai gekos - veral my bestuurder, maar waar daar ‘n wil is is daar ‘n weg! Ek word verplig om 10 agtereenvolgende werksdae verlof te neem - dit nou omdat ek nie laas jaar die minimum aantal verlof geneem het nie - klassiek Johannesburg - werk jouself dood net omdat jy kan, vir die lekkerte. As snotneusie-student het ek in daardie slaggat getrap - “die bank gaan inmekaarval sonder jou”. Bog! Loutere snert! Blatante leuens!
Dis dan nou ook waarom ek nie vanaand gaan krieket kyk het nie, waarom ek eerder vanaand as ek nie saam met Lientjie kan wees nie, allees wil wees. Ek het myself belowe hierdie jaar gaan ek bietjie meer selfsugtig wees, meer rus en meer gaan kuier in die Kaap en dis presies wat ek doen, nou.
Die Polo was ‘n goeie keuse, nes my kar - veilig en (soms te) glad om die draaie. En terwyl ek die laaste slukke aan my koffie wegbêre, vang ‘n rooi liggie doer bo in die lug my oog - nog net 2 weke…
Anders - Ons Koning Kom
H’town’s Got Talent
Of course by now you’ve heard of the very popular search-for-talent-show, America’s Got Talent, however, a far more intriguing and action-packed real life series have been at play for quite some time now – H’town’s Got Talent. Yap, it’s my hometown. “Cool by association Kwagga!”
This small town (and as some of my uninformed and narrow minded Jo’burg friends like to call it, a so-called “backdrop shithole”), situated about 10km outside Jeffreys Bay in the Eastern Cape, is a factory and mass manufacturer of talent and seemingly, a launch pad for potential stardom and fame.
Humansdorp, by and large known for its surrounding dairy farms, mostly thanks to the Nico Malan High School, often produce extraordinary and high caliber individuals – whether in business, entertainment, sport, music or art. True to its nature, the last couple of years have seen no exception to this rule.
There are a large number of superheroes whose roots stem from this valley, but below are a couple of guys I’d like to mention in particular:
- Cobus Potgieter – world-renowned drummer, comfortably one of the most viewed artists on You Tube.
- Deon Meiring – lead guitarist and founder of the band Glaskas – an up-and-coming Afrikaans band with a lot of energy, plenty of playful and well articulated romantic lyrics as well as a refreshing punk sound.
- Lex Gutsche – Director of Coca-Cola South Africa and CEO of Woodlands Dairy
- Cornelia Bürki – three-time Olympic athlete
Check out some of their work below!
Cobus - Red Jumpsuit Apparatus - Face Down (Drums Cover)
Check out the stick flip @ 1:24-1:25
Glaskas - Aan Die Ontmaskerde Heldin
Glaskas - Menslik




